Die HERLAAIVERENIGING van SUID-AFRIKA
|
| Gedurende 1997 het ‘n paar herlaai entoesiaste in Pretoria op
inisiatief van Org Hamman in Pretoria bymekaargekom om te kyk of die
gedagte van ‘n herlaaivereniging lewensvatbaar is. Die onderliggende
dryfvere was kortliks die volgende:
|
| |
|
Onvoldoende data oor die herlaai van bepaalde kalibers met Somchem
dryfmiddels, aangesien ingevoerde dryfmiddels bykans onverkrygbaar geword
het.
|
| |
|
Uiteenlopende herlaaipraktyke wat bedryf was, sonder ‘n forum waar
kennis en ekspertise uitgeruil kon word.
|
| |
|
Onrustigheid wat by indiwidue ontstaan het oor die voortbestaan van
hul vryheid en voorreg (reg) om te mag/kan herlaai, sonder dat daar ‘n
verteenwoordigende spreekbuis/belangegroep bestaan.
|
| |
|
Die behoefte van indiwidue om hul gemeenskaplike belangstelling te
deel en idees uit te ruil.
|
| |
| Daar was onmiddellik geesdrif vir die idee, en is Org dan ook tydens
die stigtingsvergadering op 22 Oktober 1997 tot die eerste voorsitter van
die Herlaaivereniging van Suid Afrika verkies. Die bestuur het destyds uit
Org as Voorsitter. Niel van Niekerk as Vise-Voorsitter, Mauritz Coetzee as
Sekretaris, Hercules Louw as Tesourier en twee addisionele lede nl Peter
Carr en Rouald Naudé bestaan. Gedurende 1998 is die Herlaaivereniging
ingelyf by die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging as ‘n Spesialis Tak
met volwaardige takstatus. Belangstelling in herlaaitegnieke en praktyke
kring egter baie wyer uit as die invloedsfeer van die SA Jagters en dit is
gou besef dat die Herlaaivereniging sou moes herleef om ‘n ware nasionale
kleur aan veral toeganklikheid te verleen. Op 1 September 2000 word die
Herlaaivereniging weer as ‘n outonome vereniging ge-aktiveer, maar as ‘n
spesialis belangegroep by die SA Jagters ge-affilieer. Op 1 April 2008
word die Herlaaivereniging nuwe forum ge-aktiveer en is tans besig met
bestuur veranderings. |
| |
| Die doel van die Herlaaivereniging is om …”…’n Forum daar
te stel vir die Opbou en die Uitbou van die Herlaaikuns”.
Ter bereiking van die doel streef ons die volgende
doelstellings na:
|
| |
| 1. |
Die uitbou en bevordering van die herlaaikuns deur die benutting van
alle geleenthede wat binne die uitvoerbaarheid-vermoë van die organisasie is.
|
| |
| 2. |
Die bevordering van veilige herlaaipraktyke. |
| |
| 3. |
Die daarstel van doktrines en standaarde vir die her/handlaai van ammunisie. |
| |
| 4. |
Die ontwikkeling van ‘n nodale punt vir toegang tot data of kennis vir
almal wat ‘n behoefte daarvoor het deur ‘n webwerf, ‘n nuusbrief, lys van
kundiges oor bepaalde onderwerpe en ‘n uiteindelike databasis.
|
| |
| 5. |
Die beskerming van die voorreg om te herlaai. |
| |
| 6. |
Die bedinging van ekonomiese voordele vir sy lede. |
| |
| Die Herlaaiers is redelik prominent sigbaar in
wapen- en skietverwante aktiwiteite. Die Herlaaivereniging is trots op sy
prestasies en glo dat ons ‘n bydrae lewer tot die verbetering van kennis
oor die handlaai van ammunisie. Lede van die Bestuur word letterlik deur
honderde indiwiduele navraers oor spesifieke kalibers se herlaaidata, of
wenke/aanbevelings genader. Dit is vir ons lekker en ‘n vooorreg om van
hulp te wees waar ons kan, en ons vergeet soms dat ons die
Herlaaivereniging as ‘n stokperdjie in ons privaat tyd bedryf!
|
| |
| Die Herlaaivereniging se ledetal groei so vinnig
dat ons daaraan begin dink om vir praktiese redes te desentraliseer. Die
gedagte is om te begin met die ontwikkeling van funksionele sateliet
“takke” by Jagverenigings en ander vuurwapen verwante organisasies.
|